top of page
Search

✏️ Uit die Hoof se Pen ✏️

  • Writer: phillipsonevents
    phillipsonevents
  • Nov 21, 2025
  • 1 min read

🎶 Tema van die week: Musiek Instrumente! 🎶


Wat ’n wonderlike, kreatiewe en lawaaierige week was dit by Frangipani Skool! Die kinders het die wêreld van musiek ontdek – met hul hande, harte en baie lag geluidjies! 😄💛


🎸 Kreatiewe Kitare

Die leerlinge het hul eie kitare gemaak, en die snare was kleurvolle wol. Elke kitaartjie was uniek – sommige helder, sommige bont, maar almal vol trots vasgehou deur klein handjies!


🎹 Trek klaviere vir die talentjies

Ons het ook trek klaviere gemaak waar die kinders die “note” self kon aftrek en skuif. Hulle was só nuuskierig om te sien hoe die instrumente werk en hoe musiek leef wanneer mens dit self maak.


🥁 Raas, ritme en heerlike lawaai

Ons het dit toe natuurlik nie daar gelaat nie… Die kinders het met regte musiek instumente geraas! Dromme, driehoek, klokkies, tamboeryne – as dit ’n geluid maak, het ons dit gespeel! 😄 Die glimlagte was groot en die energie nog groter.


🪢 Tou gespring

Tussendeur het ons ook heerlik buite tou gesprng. Ritme in die voete, ritme in die hande – dis hoe ons leer speel!


📚 Stories vir die siel

Die twee stories van die week was “The Happy Trumpet” en “Drums in Space”. Elke storie het die kinders iets spesiaals geleer:✨ Dat musiek vreugde bring en harte sag maak✨ En dat jy altyd ’n kreatiewe oplossing kan kry as jy regtig wil leer

Die kleingoed het aandagtig geluister en die stories het sommer mooi ingepas by ons musiek tema.


✨🎵 Dit was ’n week vol ritme, geraas, kreatiwiteit en groot pret – presies soos ons dit by Frangipani Skool geniet! 🎵✨

— Me. Annet



 
 
 

Comments


bottom of page