top of page
Search

✏️ Uit die Hoof se Pen ✏️

  • Writer: phillipsonevents
    phillipsonevents
  • Feb 13
  • 1 min read

👀👂👃👅✋ Tema van die week: Ons Vyf Sintuie – Senses!


Hierdie week het ons verder ontdek hoe wonderlik ons vyf sintuie werk en hoe dit ons help om die wêreld rondom ons te verstaan. 🌍💛


Ons het lekker gesny, geverf en geplak ✂️🎨🖍️ terwyl ons oor elke sintuig geleer het. Klein handjies was besig, ogies het gefokus, en daar was baie konsentrasie in die klas. Kreatiwiteit het behoorlik geblom! 🌸


Ons het nie baie buite gespeel nie, want dit was erg warm in Phalaborwa hierdie week. ☀️ Die hitte het behoorlik laat sweet, so ons het dit eerder rustig binne gehou waar dit koeler was.


💘 En natuurlik het ons vandag Valentynsdag gevier! Die klas was gevul met rooi, pienk en wit, en daar was ’n sagte opgewondenheid in die lug. Ons het gesels oor liefde, omgee en vriendelikheid – want dit is tog waaroor hierdie dag regtig gaan. 💗


Dit was ’n rustige maar betekenisvolle week waar ons weer besef het hoe spesiaal elke kind is en hoe hulle die wêreld met al vyf sintuie ontdek.

By Frangipani glo ons steeds:“Transforming Challenges into Triumphs”“Van Uitdagings tot Triomf” 💛

— Me. Annet

 
 
 

Comments


bottom of page