top of page
Search

✏️ Uit die Hoof se Pen ✏️

  • Writer: phillipsonevents
    phillipsonevents
  • Feb 27
  • 1 min read

👨‍👩‍👧‍👦 Tema van die week: My Familie / My Family 👨‍👩‍👧‍👦


Hierdie week het ons gesels oor iets wat elke hart warm maak – familie. 💛


Ons het geleer van ons gesinne by die huis – Mamma, Pappa, Ouma, Oupa, boeties, sussies en almal wat ’n spesiale plek in ons lewens het. Die kinders het met groot trots vertel wie in hul huis bly en wie vir hulle lief is en sorg.


Ons het ook gesels oor uitgebreide familie – tannies, ooms, niggies en neefs – en hoe elkeen deel is van ons storie.


En natuurlik het ons besef dat Frangipani ook ’n familie is. 🌸Hier leer ons saam, speel ons saam en ondersteun ons mekaar. Groter maatjies help kleiner maatjies, en elkeen kry ’n plek om te behoort.


🎳 Pret moes daar ook wees!Ons het sommer in die klaskamer tenpin bowling gespeel met ons speel-plastiek stelle. Daar was groot opgewondenheid elke keer as die kegels omval! Die lag en aanmoediging het gewys presies wat familie beteken – ons vier mekaar se oorwinnings, al is dit net ’n perfekte hou met ’n plastiekbal. 😄


Dit was ’n week van saamstaan, saamlag en saam leer.


Dankie dat julle deel is van ons Frangipani-familie. 💕

Met liefdeMe. Annet 🌷

 
 
 

Comments


bottom of page