✏️ UIT DIE HOOF SE PEN ✏️
- phillipsonevents
- Oct 7, 2025
- 1 min read
Weeklikse glimlagte en stories van Frangipani Skool
👩🏫 Hierdie week het ons die voorreg gehad dat Tannie Nique, ’n gekwalifiseerde onderwyser wat buite die dorp woon, spesiaal by ons kom kuier het om vir die kinders klas te gee. Dit was vir ons ’n groot vreugde om haar in die klaskamer te hê!
🎨 Kuns: Die kinders het soutkuns gemaak – eers met houtlym prentjies geteken, dit met sout bestrooi, laat droog word en daarna die mooiste kleure daarop geverf. ’n Pretvolle en kreatiewe aktiwiteit wat almal geniet het!
🤸 Fisiese aktiwiteite: Ons het ook lekker buite gespeel – gespring, mekaar met hoelahoops gevang en sommer net heerlik beweeg. Die laggies het lank aangehou.
💻 Rekenaarsentrum: Intussen het Nick, Tannie Nique se oudste seun, hard gewerk en ons rekenaarsentrum opgedateer – ’n groot aanwins wat nuwe leergeleenthede vir die kinders gaan bring.
🎨✨ Klaskamer: Terwyl Tannie Nique die klas gegee het, het Me. Annet en Tannie Tessa die klaskamer opgehelder met pragtige muurkuns – wat ’n kleurvolle verskil dit gemaak het!
Elke dag bring nuwe vreugde en groei – en ons kinders se gesiggies sê alles. 🌼
Met liefde,Me. AnnetSkoolhoof
















Comments