✏️ UIT DIE HOOF SE PEN ✏️
- phillipsonevents
- Oct 17, 2025
- 1 min read
Weeklikse glimlagte en stories van Frangipani Skool
🏖️ Tema van die week: “Vakansiepret!”Hier by Frangipani het ons die week met vrolikheid en drome van vakansie gevul! 🌞Ons het gesels oor wat almal tydens die vakansie gedoen het, en oor al die lekker dinge wat mens kan doen wanneer dit rus-en-speeltyd is — van see toe gaan en roomys eet, tot kuier, kamp en laat slaap.
🌈✨ ’n Vars en kleurvolle begin:Met die nuwe uiteensetting van die klas, wat tydens die vakansie deur Tannie Tessa en Juffrou Annet gedoen is, is die mure nou vol kleur en lewe.Die kinders het sommer dadelik met entoesiasme in hul boeke ingevaar en heerlik baie stories en prente deurgeblaai die week. 📚
🎉 ’n Spesiale Klaspartytjie:Ons het die week afgesluit met ’n verjaarsdagpartytjie vir ons geliefde Assistent Juffrou, Romelia, wat op die 18de Oktober verjaar. 🩷Die klas het vir haar gesing en sy het haar pragtige verjaarsdagkoek ontvang — ’n oomblik vol emosie en opregte liefde. Die trane het oor haar wange gerol toe sy haar kinders hoor sing, want haar hart is duidelik vol liefde vir elkeen van hulle. 🎂✨
💃🎶 Beweging en dans:Ons het ook die week deur gesing, geoefen en gedans — want leer gebeur die beste wanneer ons beweeg en lag!
’n Week vol kleur, warmte en liefde — dis wat Frangipani só besonders maak. 🌸
Met liefde,Me. AnnetSkoolhoof




















Comments