✏️ UIT DIE HOOF SE PEN ✏️
- phillipsonevents
- Aug 15, 2025
- 1 min read
Weeklikse glimlagte en stories van Frangipani School
🦁 Tema van die week: “Wilde Diere”Hier by Frangipani glo ons dat leer die beste gebeur wanneer ons dit kan sien, hoor, voel en beleef. Hierdie week het ons die opwindende wêreld van wilde diere ontdek – hoe hulle leef, wat hulle eet en hoekom dit so belangrik is om hulle te beskerm.
🚶♀️ Op ons ontdekkingstog het ons bietjie gaan stap en die natuur van naderby leer ken. Die kinders het elke geluid, voetspoor en blaar met groot nuuskierigheid ondersoek. Van klein miere tot denkbeeldige leeus – verbeelding was aan die orde van die dag!
📢 Onthou om jou kaartjies te bespreek vir ons RUHAN DU TOIT fondsinsameling-konsert!🎶 ‘n Aand vol musiek en magie – ten bate van Frangipani School!📅 Datum: 28 November 2025🕖 Tyd: Deure open 17:30 | Skou begin 19:00📍 Plek: Hoërskool Frans du Toit, Phalaborwa🎟️ Kaartjies: R150 pp💺 VIP & Executive tafels beskikbaar📲 Bespreek nou via ons webtuiste:👉 Klik hier om te bespreek📞 Tafels: Kontak 072 763 8191📬 WhatsApp: 067 261 8587


Dankie dat jy ons week saam met ons beleef het. Volg ons elke Vrydag vir nog ‘n kykie agter die skerms van ons wonderlike wêreld!
Met liefde,Me. AnnetSkoolhoof


Comments