✏️ UIT DIE HOOF SE PEN ✏️
- phillipsonevents
- Aug 22, 2025
- 1 min read
Weeklikse glimlagte en stories van Frangipani School
Tema van die week: “Wilde Diere” (Week 2)
Ons het hierdie week weer ons reis deur die wêreld van wilde diere voortgesit – en dit was propvol leer, kreatiwiteit en lag!
















In Bak en Brou het die kinders ’n oulike apie gemaak met Marie-koekies – ’n soet en snaakse bederf wat almal se gesigte laat glimlag het.
In Verf het ons ’n pragtige Wilde Diere-mobiel ontwerp – elke diertjie het sy eie unieke kleur en karakter gekry.
In Plak het ons die week uile gemaak – maar nie sommer net enige uile nie! Die kinders het self blare buite gaan optel, en daarmee hul eie unieke uil-kunswerke geskep. Elke uiltjie het sy eie styl en persoonlikheid gekry – regtig iets besonders!
Vir ons fyn motoriese vaardighede het die kinders hard geoefen met die pienk kolletjies – ’n wonderlike oefening om hand- en oog-koördinasie te slyp.
Elke aktiwiteit was ‘n nuwe avontuur, en die kinders se entoesiasme en trots op hul eie skeppings was ‘n hoogtepunt vir almal.
Onthou om jou kaartjies te bespreek vir ons RUHAN DU TOIT fondsinsameling-konsert!
‘n Aand vol musiek en magie – ten bate van Frangipani School!
Datum: 28 November 2025
Tyd: Deure open 17:30 | Skou begin 19:00
Plek: Hoërskool Frans du Toit, Phalaborwa
Kaartjies: R150 pp
VIP & Executive tafels beskikbaar
Bespreek nou via ons webtuiste:
Klik hier om te bespreek
Tafels: Kontak 072 763 8191
WhatsApp: 067 261 8587
Dankie dat jy ons week saam met ons deel. Volg ons elke Vrydag vir nog ’n kykie agter die skerms van ons wonderlike wêreld!
Met liefde,
Me. Annet
Skoolhoof


Comments