top of page
Search

✏️ UIT DIE HOOF SE PEN ✏️

  • Writer: phillipsonevents
    phillipsonevents
  • Sep 5, 2025
  • 1 min read

Weeklikse glimlagte en stories van Frangipani Skool


🌼 Tema van die week: LenteDie lente is hier! Hierdie week het ons gesels oor wat lente is en dit met kleurvolle en kreatiewe aktiwiteite gevier.


🎨 Ons week se aktiwiteite:🌸 Kleurprente ingekleur en die blomme en blare pragtig versier.🪴 Plakwerk: blompotte gemaak met rolletjies en stokkies.🌿 Verfwerk: takke geverf en mooi blommetjies daarop geplak.🦋 Vou en plak: papier skoenlappers gemaak.🌷 Afsluiting: elke kind het self ’n blom geplant om die nuwe seisoen te vier.


👩‍🏫 Hierdie week het ons ook die voorreg gehad om ’n tydelike nuwe juffrou, ’n bekende gesiggie, Me. Susan, by ons te hê terwyl Me. Annett lekker vakansie in die Kaap geniet het. Die kinders het dit baie geniet om saam met haar te werk. 🌸


Die week was vol kleur, laggies en nuwe lewe – net soos die lente self! 🌞


📢 Onthou ons groot fondsinsamelingskonsert!

🎶 Ruhan du Toit – regstreeks in Phalaborwa!📅 28 November 2025 |

🕖 Deure open 17:30 | Skou 19:00📍 Hoërskool Frans du Toit

🎟️ Kaartjies: R150 pp | VIP- en Uitvoerende tafels beskikbaar

📞 Tafels: 072 763 8191 | WhatsApp: 067 261 8587


Dankie dat jy ons week saam met ons deel 🌼 Volg ons weer volgende Vrydag vir nog stories en glimlagte!

Met liefde,Me. AnnettSkoolhoof

 
 
 

Comments


bottom of page