top of page
Search

✏️ UIT DIE HOOF SE PEN ✏️

  • Writer: phillipsonevents
    phillipsonevents
  • Sep 12, 2025
  • 1 min read

Weeklikse glimlagte en stories van Frangipani School


🦁🐘🐆 Tema van die week: Die Groot 5 🐃🦏Hierdie week het ons saam met die kinders op ’n ontdekkingsreis gegaan om meer te leer oor die Groot 5. Elke dag het ons gefokus op ’n ander dier, met prettige aktiwiteite wat die leerproses prakties en opwindend gemaak het.


🌟 Hoogtepunte van die week:

  • Maandag het ons die tema bekendgestel en die kinders het ’n prentjie van die Groot 5 geverf.

  • Dinsdag het ons oor die luiperd geleer en hul gesiggies ingekleur.

  • Woensdag was dit die olifant se beurt – die kinders het geskeur en geplak om ’n olifantprentjie saam te stel.

  • Donderdag het ons die renoster ontdek en die kinders het hom ingekleur en blare bygeplak vir sy kos.

  • Vrydag het ons die hele Groot 5 herhaal en as kreatiewe afsluiting het die kinders ’n tafeldoek versier met bleach en stensils. 🎨


📖 Elke dag het ons ook tyd gemaak vir die storie: “Danny and the Big Brave Big Five” – ’n geliefde tydjie waarin die kinders rustig kon luister en saam droom.


🚶‍♀️ Daarbenewens het ons elke oggend ons fisiese aktiwiteit geniet deur ’n stappie rondom die blok te neem – vars lug en energie vir die dag!


Dit was ’n fantastiese week vol leer, lag en kreatiwiteit. Ons kinders het nie net die diere van die Groot 5 beter leer ken nie, maar ook hoe kosbaar ons natuur en skepping is. 🌿💛


Dankie dat jy hierdie ontdekkingsreis saam met ons kinders deel. Ons sien uit na nog vele spesiale oomblikke in die weke wat kom!


Met liefde,

Me. AnnetSkoolhoof



 
 
 

Comments


bottom of page